Greyton Musiekfees Oorsig

Hendrik Bloem eienaar van Greyton Lodge

Hendrik Bloem eienaar van Greyton Lodge

Ons Greytoniers was weereens bevoorreg om as gashere (danksy Coenie Visser en sy helpers) te kon optree vir die menige besoekers van heide en verre. Nie eers die reen of koue kon ons entoesiasme keer nie. Die “Classics for All” wat gehou was vanaf die 31ste Mei tot en met 2 Junie was weereens n reuse sukses, al wat n restaurant was,was vol besoekers wat waarderend na die verskeidenheid Musici geluister het en Greyton geniet het. Ek was persoonlik bevoorreg om die begaafde pianis, Chad Serf by die Greyton Lodge se uitvoering te kon bywoon. Oral het groepies mense voor die kaggels gesit en kuier, die eienaars Hendrik en Rensja en skoonsus Liz het gesorg vir heerlike tuisgemaakte hoender en beeskebabs,wat deur die gasheer Hendrik (wat die koue en reen trotsee het) gebraai was, asook groenmielies en aartappelskyfies wat in innoverende boksies bedien was, hierdie hartlike mense het ons almal tuis en geliefd laat voel, die wyne, onder meer Boekenhout, Woolftrap, Krone en Porcupine Ridge was deur ieder en elk geniet, ons dank aan Vini Mark wat die wyne aan ons bekend gestel het. Die Greyton Lodge is n jaar gelede deur die nuwe eienaars oorgekoop en met behulp van hulle talentvolle seun, Hendre omskep in n modern tuiste vir toeriste, met hulle hartlikheid teenoor besoekers kan hulle nie anders as om n sukses van hierdie Greyton baken te maak nie. Ons wens hulle alle sukses toe.

T.Crabtree

About greytontoday

News weather, info and other need to know stuff about Greyton.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s