Klassieke Musiekfees in Greyton & Genadendal : Tess Crabtree

Die Afgelope naweek was ons bevoorreg om bederf te word deur musici wat ons harte warm laat klop het.

Besoekers en inwoners het die naweek deur die strate van Greyton gestap en die restaurante, kuns en geskenkwinkeltjies besoek en gesnuffel vir n gepaste geskenk om die wat moes tuis bly,te troos.

 Die opgewondenheid en afwagting vir die fees het al Donderdag begin posvat toe van ons besoekers reeds begin aankom het. Vanaf Genaal tot by The Oaks kon jy die musiek hoor, Pianiste, Viole, Tjellos, kitare,saksefone… en die pragtige Bariton stem van Riaan Hunter! dit het die hoendervleisop jou lyf laat uitslaan, Zanne Stapelberg en die Bariton Frederico, sjoe! dan was daar ons eie Philippus Hugo die pianis wat my keer op keer in tranehet as ek hom hoor speel. My persoonlike gunsteling was die baie begaafde Warda Wanamaker wat die Tjello bespeel saam met Marvin Weavers en Saira Adams.

 Daar was die Kaapse Filharmoniese Orkes wat ons reenboognasie verteenwoordig het! Die pianiste Willem van Schalkwyk en Jose Dias wat opwindende spel gelewer het!

Ons dank aan Coenie en sy vriende wat die fees n realiteit gemaak het, dit was n reuse taak om alles gereel te kry, en alles het seepglad verloop, die dorp se besighede het groot baat gevind deur die besoekers en die inwoners se siele en harte is gevoed met goeie musiek tot volgende jaar wanneer hy hopenlik weer so sal maak.

 Sondag na die verigtinge het ek deur die straatjies gestap en oral het mense lui, lui gesit met n laaste koffie en nabetragting hou, niemand was lus om huistoe te gaan nie. Nuwe vriendskappe is gesmee en telefoon nommers is uitgeruil, ons sien julle weer volgende jaar!

 Greyton groete,

Tess Crabtree;

About greytontoday

News weather, info and other need to know stuff about Greyton.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s